Besonderhede
Sadie agtergrond
Marais agtergrond
Nasate pdf-formaat
Ou Sadie foto's
Foto's ons gesin
Elbeth se gesin
Christo se gesin
Emiline se gesin
Ander Sadie gesinne
Familienuus
Sadiesaamtrek 2018
PLAASFOTO'S UIT VERRE VERLEDE
Die ou plaashuise op Klipvlei. Ek neem aan al ons kinders is in die huis aan die regterkant gebore. Ouma het nog 'n paar jaar na Oupa se dood in 1930 in die linkerkantse huis gebly, saam met oom Baas en tant Let. Sy het later dorp toe getrek (Saldanha) en ons het daarna in die ander huis ingetrek. Oom Baas en sy gesin het later na Windhoek, net buite Saldanha verhuis. Daarvandaan het hulle na Hopefield getrek en tot hulle dood daar gewoon. Die foto onder die van die huise is geneem by Oupa Hermanus of Oupagrootjie se begrafnis. Nogal heelwat motors vir daardie jare.
Vlnr: Tant Nance, Oom Pieter, oupa Hermanus, oom Manie, Ouma, tant Lettie, oom Baas, my pa Japie. Voor sittende: Oom Dirk en oom Albert.
My ouers se troue in die Kaapstad.
Oupa en ouma Booysen met kinders (ek is nie seker nie) tannie Eveline, tannie Maudie oom John en my ma.
Die huis in Saldanha waarin ouma Sadie tot haar dood gewoon het. In hierdie huis, wat vandag nog bestaan as 'n winkel (2010), het ons neefs en niggies gedurende die skoolvakansies heerlik saam geslaap in die boonste deel van die rondawel gedeelte. In my verbeelding hoor ek nog die rustige "tik-tak" van die ou muurhorlosie in die sitkamer - ons het gepraat van die "voorhuis".
My ouer broer Herman wat in 1946 (standerd 9) oorlede is aan maagkoors.